
=====================================================================
Sebrastrepe s hul s vir Afrikaans (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Sebrastrepe s hul s vir Afrikaans

---------------------------------------------------------------------

MET die kwynende studentegetalle aan universiteite en die subsidies wat gesnoei word, word universiteite en hul departemente gedwing om 
nuwe rolle te vervul wat tradisioneel eerder by die sakewreld gepas het. Dit beteken dat dosente nou ook betrokke raak by aspekte soos 
bemarking en fondsinsameling.

Dit was hoofsaaklik om hierdie rede dat die Universiteit Vista se departement Afrikaans in 1999 met die hulp van die Stigting vir Afrikaans 
met sowat 10 000 boekmerke/plekwysers vorendag gekom het om Afrikaans te bevorder. 'n Sebramotief met die woorde VIVA AFRIKAANS is ontwerp 
en daarna handgedruk. Hierdie boekmerke is in die Vrystaat, Gauteng en die Oos-Kaap onder matriekleerders by tradisioneel swart skole 
versprei.

Die boekmerke is kort voor die matriekeksamen uitgedeel. In Bloemfontein het dit gepaard gegaan met motiveringspraatjies by matriekkampe. 
Leerders het eksamenhulp ontvang, soos wenke met die skryf van opstelle en briewe.

Waar skole besoek is, is spoedig besef dat hierdie tipe kontak tussen tersire instellings en skole sowel vir bemarkingsdoeleindes 
belangrik is as om onderwysinstellings te dwing om kennis te neem van wat op voetsoolvlak gebeur. Die onderrig van Afrikaans op 
universiteit is nou verbonde aan hoe die vak op skool aan nie-moedertaalsprekers aangebied word. Universiteite se betrokkenheid by skole 
help om probleme te identifiseer wat op universiteitsvlak aandag kan geniet.

Die verspreiding van die boekmerke het dus Afrikaans bevorder, maar ook mense en onderwysinstellings nader aan mekaar gebring sodat 
voortaan op 'n deurlopende basis met mekaar geskakel sal word om onderwysaangeleenthede te bespreek en geleenthede rondom die vak Afrikaans 
te skep. Dr. Matilda Smith van die departement Afrikaans van die Vista Universiteit in Bloemfontein. Saam met foto van kinders wat op grond 
sit met onderskrif

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av729.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

